Die Prix Jules Janssen is die hoogste toekenning van die Société Astronomique de France, die Franse Sterrekundige Vereniging. Hierdie jaarlikse prys word aan 'n professionele Franse sterrekundige, of aan 'n sterrekundige van 'n ander nasionaliteit toegeken ter erkenning van sterrekundige werk in die algemeen, of vir dienste wat aan die sterrekunde verleen is. Dit is geskep deur die Franse sterrekundige Jules Janssen tydens sy ampstermyn as president van die Societe Astronomique de France vanaf 1895 tot 1897. Hierdie prys word onderskei van die Janssen-medalje (geskep 1886), wat deur die Franse Akademie vir Wetenskappe toegeken word en ook na Jules Janssen vernoem word.
Developed by StudentB